spilpunt-1-ndvi-gesamentlik

Presisie boerdery

Die nuutste tendens in landbousektore wêreldwyd is Presisie boerdery omdat dit tyd bespaar, kostes verlaag en omgewingsimpak verminder. Presisie boerdery sal volhoubaarheid verseker deur die gebruik van die korrekte gehalte insette, op die regte plek en op die regte tyd. Ons in-huis span van ervare Landboukundiges sal u kan bystaan met die identifisering van stresareas deur gebruik te maak van die nuutste NDVI-tegnologie, asook die aanbeveling van ons produkte met voedingswaardes gebaseer op u spesifieke omstandighede en behoeftes.

NDVI

Via satelliet word omvattende lugfoto’s van die plaas geneem om vroeë gewasstresareas (indien enige) doeltreffend te identifiseer. Die genormaliseerde verskil plantegroei indeks (NDVI) is ‘n eenvoudige grafiese aanwyser wat “pixels” toon van gebiede wat lewende groen (“gesonde”) plantegroei bevat of nie. Gesonde plantegroei (chlorofil) absorbeer meer rooi en blou lig en weerspieël in ruil daarvoor ‘n groen lig op die beeld. NDVI’s word gewoonlik gebruik om plantstresvariasie gedurende die groeiseisoen te monitor. Hierdie instrument is geskik vir die meeste gewasse.

Vir enige hulp rakende die optimale gebruik van ons hulpbronne vir u spesifieke situasie, kontak ons in-huis span van kundiges by (021) 871 1303 of e-pos aan support@ecogreenagri.com